Lesers word gewaarsku dat misdadigers toenemend inligting gebruik wat mense op die internet deel om misdade te beplan.
Gerrit van Heerden van Community Monitoring Service (CMS) sê misdadigers kyk na sosiale media om te sien wanneer mense nie by die huis is nie en watter roetines hulle volg.
Sulke inligting speel ‘n rol in tot 30% van rooftogte. Misdadigers gebruik pla- sings oor skoolaktiwiteite, ligging-aanmeldings en foto-agtergronde om uit te werk wanneer dit veilig is om toe te slaan. Kinders se plasings oor skool en sport maak dit ook makliker vir misdadigers om gesinne se roetines te leer ken.
“Wat jy op die internet plaas, kan jou huis en gesin in gevaar stel,” maan hy.




