Salomi Dreyer (links) saam met dr. Darren Green.Foto: Romano Fortuin


Toe sy die e-pos ontvang om as ’n genooide gas op kykNET se program Medies te verskyn, was die plaaslike paramedikus Salomi Dreyer in die wolke.

Dreyer het haar onderneming Stayin’ Alive West Coast in 2020 gestig waar sy mense met opleiding, gesondheid en veiligheid help.

Medies, ’n program op kykNET wat deur dokter Darren Green aangebied word, nooi mediese spesialiste om op die program te verskyn en meer oor hul spesialisgebied te praat.

Die episode met Dreyer is Maandag 6 Junie op die kassie uitgesaai. Dreyer vertel met haar aankoms op die stel van Medies was sy ’n stress ball, maar die span het haar dadelik gemaklik en welkom laat voel. Dreyer het meer oor hoe om mense te help as hulle verstik en oor veiligheid wanneer dit kom by pasiënte wat geskok is, gedeel.

Sy vertel dat sy op skool al ’n liefde gehad het om mense te help en het reeds daar mensereddingskursusse geneem. Dis in daardie tydperk van haar lewe dat sy besluit het om van hierdie passie ’n beroep te maak.

Sy het eers ’n nasionale diploma van drie jaar in noodmedies voltooi en toe besluit om verder te studeer om haar graad te verwerf.

Dreyer sê in haar werk as paramedikus leer sy konstant, want elke situasie is anders. “Dit is ’n geleentheid om ’n verskil in my gemeenskap te kan maak en om al my kennis te kan deel om meer mense se lewe daagliks te kan red.

Dreyer deel die volgende wenke met lesers vir wanneer ’n noodsituasie opduik: . Bly kalm en skakel jou noodnommer. Dis altyd goed om ’n noodnommer op jou selfoon te stoor of iewers teen die muur te plak. . Doen ’n noodhulp- of CPR-kursus.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article