Oktober is Onderwysermaand!

Om erkenning te gee vir die harde werk en soms ondankbare taak wat onderwysers daagliks verrig, is ons op soek na die Weskus se Weslander-onnie van die jaar vir 2022.

Inskrywings vir die Weslander-onnie van die jaar is nou oop. Leerders, kollegas en ouers word genooi om nou benoemings in te stuur vir daardie klasonderwyser wat die ekstra myl in jou of jou kind se opvoeding stap om die weg vir hul toekoms te help baan.

Onderwysers kan as volg benoem word:. Grondslagfase (gr. R tot gr. 3). Intermediêre fase (gr. 4 tot gr. 9). Senior fase (gr. 10 tot gr. 12)

Om nie leerkragte wat hul tyd buite die klaskamer op die sportveld opoffer en daar ’n verskil maak, te ontsien nie, word benoemings vir die beste skolesportafrigter vanjaar ook verwelkom.

Stuur die naam, van en ’n foto van die onderwyser (of skolesportafrigter) wat jy benoem, saam met ’n kort motivering oor waarom hulle verdien om as Weslander se onnie van die jaar gekroon te word, na nuus@weslander.co.za of per WhatsApp na 082 576 0453.

Inskrywings sluit Vrydag 7 Oktober. Die finaliste in elke afdeling sal Donderdag 13 Oktober in Weslander verskyn, waarna die wenners aangekondig sal word. ’n Klein bederf is ook op die spel vir die klas wie se juffrou of meneer Weslander se onnie van die jaar wen. Maak dus seker jy stem!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article