Weslander-joernalis Noluvu Ludidi was derde in die afdeling vir menslike nuus by die Avbob FCJ toekenningsaand, ‘n nasionale toekenningsgeleentheid vir uitnemendheid in gemeenskapsjoernalistiek.


Weslander is gisteraand (14 Oktober) aangewys as naaswenner in die kategorie vir beste voorblad van die jaar by die Avbob Forum of Community Journalists (FCJ) se toekenningsgeleentheid vir 2021, wat by die Birchwood Hotel in Boksburg gehou is.

Talle plaaslike koerante en gemeenskapsjoernaliste van regoor die land het pryse vir uitnemendheid in verskeie afdelings ontvang. 

Weslander-joernalis Noluvu Ludidi het ‘n algehele derde plek ontvang in die afdeling vir menslike nuus (human interest).

Die koerant was ook onder die top 8 finaliste vir beste koerant van die jaar in die afdeling vir verkoopte koerante met ‘n sirkulasie van meer as 5 000.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article