’n Mens se pad kruis soms onverwags met wonderlike vreemdelinge.

Ek het Woensdag 5 Oktober ’n klompie produkte van net meer as R100 by ’n winkel in die Weskus Mall gekoop. Toe ek by die toonbank kom om te betaal, kry ek nie my beursie nie. Ek beweeg as gevolg van ouderdom en fisieke probleme met ’n vierwielloper en sukkel soms. Ek het my inkopies op die toonbank gelos om eers buite na my beursie te gaan soek. Toe ek ná ’n gesukkel weer in die winkel kom, sê ’n vriendelike dametjie in die ry: “Toemaar, Tannie, hier’s jou pakkie. Dis klaar betaal.”

Met sulke welwillendheid sien ek sommer weer kans vir ons land!


Tokkie Viljoen,

laaiplek

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article