Hier is ons nou: die laaste uitgawe van Weslander vir die jaar is vars op die rakke, die skoolklok het vir oulaas gelui en Kersfees is net 10 dae weg. Vir dié wat gelukkig genoeg is om ’n ruskans te neem het die tyd aangebreek om rustig te raak en voorraadopname oor die jaar te doen. By Weslander was dit een van beide lief en leed. Een van die grootste hoogtepunte was ons 50-jaar-vieringe. Ons het ook ons eerste Onnie van die Jaar-kompetisie van stapel gestuur. Maar ten spyte van die talle positiewe wat ons as span uit die werkjaar kan neem, was daar agter die skerms ook talle uitdagings wat ons personeel hierdie afgelope maande op ’n persoonlike vlak moes trotseer, dit alles terwyl hulle deurentyd met professionaliteit en vriendelikheid kliënte tot diens gestaan het. Dit bring my by ons kliënte – lesers en adverteerders – wat ons reg deur die jaar gehelp het om ons hoogtepunte te bereik en ons deur ons laagtepunte ondersteun het. Waar ons teleurgestel het, ons grootliks met positiewe kritiek opgebou het. Jul volgehoue ondersteuning is wat ons regop hou en met passie en trots elke uitgawe die lig laat sien. Ons wens julle ’n geseënde, gesonde en veilige feestyd en ’n voorspoedige 2023 toe. Tot die ink weer vloei. Weskus-groete.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article