Die Saldanha-polisie het die afgelope ses maande op heelwat vermoedelik gesteelde eiendom in die Saldanha-omgewing beslag gelê.
Die eienaars van hierdie goedere, wat onder andere fietse, elektriese toerusting en gereedskap insluit, het nog nie na vore gekom om hul eiendom terug te eis nie.
As jy enige hiervan herken, bring asseblief bewys van eienaarskap na die Saldanha-polisiekantoor of kontak sers. Christopher Kleinsmith bedags by 081 517 3048.





