Weslanderse advertensieverteenwoordiger Madelie van Tonder help ’n bietjie met ’n wenk of twee.Foto’s: Yaël Malgas


Watter dorp het die oudste kerk in die Saldanhabaai- munisipale gebied?

Wat was Vredenburg se oorspronklike naam?

Hoeveel kos die tjoppies by Bekker-plaasprodukte?

Dit was net van die vrae wat die inwoners van Huis Wittekruin in Vredenburg as spanne van twee elk moes beantwoord in Weslander se eerste vasvra-kompetisie.

Die personeel van die plaaslike koerant het die tehuis verlede Woensdag (29 Maart) besoek as deel van hul korporatiewe maatskaplike belegging.

Inwoners moes ’n vraelys beantwoord met antwoorde uit Donderdag 16 Maart se uitgawe asook algemene Weskus-vrae.

Die deelnemers het hul antwoorde met die geritsel van blaaie en ’n paar wenke van die Weslander-span voltooi.

Sekere spanne se mededingendheid het hulle aangehits terwyl ander die spanwerk geniet het.

Die Weslander-span was dit eens dat dié besoek gewis die hoogtepunt van hul week was.

Die algehele wenners was Jorina Laubscher en Annetjie du Toit.

Die naaswenners was Ronel van der Merwe en Debra Neethling.

Wilna Brandt, Truia Kruger, Daniele Bumpsteed en Peter Brownell het die res van die top-vyf pare opgemaak.

Dit was egter nie net die wenners wat bederf is nie en al die inwoners het eetgoed en tee saam met die span geniet.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article