Die tafel was Saterdag (13 Mei) in Vredendal vir witwarm rugby gedek toe Invincibles die gasheer vir die tweemalige ligakampioen Delicious van Clanwilliam was.

Delicious se B- en C-spanne was ná hul oorwinnings stert in die lug.

Die hoofwedstryd het teen ’n geweldige tempo afgeskop en die humeure het gou opgevlam.

Invincibles het die vaste fasette oorheers en het rustyd met ’n voorsprong van 21-0 water gedrink.

Delicious se afrigtingskorps moes baie hard gepraat het, want ná rustyd het die span twee vinnige drieë aangeteken om dit ’n sewe-punt-wedstryd te maak. Die skopskoen van Diago Miggel het egter die telbord vir Invincibles aan die rol gehou.

Invincibles het die wedstryd uiteindelik 30-17 gewen.

Die ander uitslae van die dag: Invincibles C 5-6 Delicious C en Invincibles B 5-6 Delicious B.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article