Twee vermeende koperkabeldiewe is verlede week tydens ’n hoëdigtheidsoptrede in Moorreesburg in hegtenis geneem.Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrik, is Wayne Cloete (27) en Damian van Wyk (25) Maandag 5 Junie in Moorreesburg in hegtenis geneem weens die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die twee verdagtes is om 10:20 by Bakoond Farm gekry waar hulle na bewering besig was om kabelhulsels te verbrand. Hulle het Woensdag 7 Junie in die Moorreesburg-landdroshof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Helfrich het gesê Van Wyk is in April op dieselfde aanklag in hegtenis geneem. Hy het ook ’n vorige veroordeling weens ’n klag van die besit van dwelms, waaraan hy in 2016 in Piketberg skuldig bevind is.
Want to comment on posts, engage with fellow readers, and submit stories, letters, feedback and more?



