Speurders van die Saldanha-polisie het Donderdag 8 Junie ’n 25-jarige man tydens ’n optrede om verdagtes op te spoor, in hegtenis geneem.

Die inhegtenisneming hou verband met ’n voorval op 7 Mei vanjaar toe ’n onderonsie tussen vriende in Basil Februaryweg in Saldanha uitgebreek het. ’n Man, die 23-jarige slagoffer, het probeer om die bakleiery te stop, waarop ’n man by ’n huis in die straat uitgehardloop gekom en die slagoffer met ’n mes in die nek gesteek het.

Die slagoffer is in die Vredenburg- provinsiale hospitaal opgeneem en na ’n Kaapstadse hospitaal oorgeplaas.

Hy is verlam gelaat ná die aanval en sterk steeds in die hospitaal aan.

Die saakdossier is eers Woensdag 7 Junie deur ’n getuie geregistreer, waarna die verdagte in hegtenis geneem is.

Hy het op Vrydag 9 Junie in die Vredenburg-landdroshof op aanklag van poging tot moord verskyn.

Die verdagte se vorige veroordelings sluit in ’n skuldigbevinding in 2020 op ’n aanklag van sakeroof en ’n skuldigbevinding in 2019 op ’n aanklag van gewapende roof.

’n Klag van moord, wat uit ’n voorval in April 2016 spruit, is steeds hangende teen die verdagte.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article