Inwoners van Yskor in Vredenburg is verlede week hoog en droog gelaat.

Klagtes van inwoners het gespruit uit beplande instandhoudingswerk op die hoofwatertoevoer wat wyk 13 (Yskor-omgewing) en wyk 9 in Vredenburg insluit.

Volgens Ethne Lawrence, ’n woordvoerder vir die Saldanhabaai-munisipaliteit, het die munisipaliteit aanvanklik klagtes oor swak waterdruk in die buurt ontvang. Die munisipaliteit se bystandspan het die geval opgevolg en bevind dit was “grootliks as gevolg van lug wat nog in die waternetwerk was”.

Die water is verlede Maandag en Dinsdag afgesluit as gevolg van probleme by die Louwville-reservoir, wat 24 uur later herstel is, het Lawrence verduidelik.

Inwoners se waterellende het egter nie daar geëindig nie, want teen Woensdagoggend het ’n pyp in die waternetwerk wat Yskor en Vredenburg se wyk 9 bedien, gebreek.

Herstelwerk was teen Donderdag voltooi en toevoer is herstel.. Indien inwoners probleme met munisipale dienste in hul buurt het, bel die Saldanhabaai-munisipaliteit se 24-uur inbelsentrum by 022 701 7061.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article