’n Gemeenskap wat saamstaan. Een wat saam huil, saam lag en saam mekaar se leed dra.

Dit is die gemene deler in meeste van hierdie week se berigte wat spreek van ’n tipe samehorigheid onder Weskussers – ’n familie wat nie altyd saamstem oor als nie, maar wat mekaar ondersteun en in tye van nood dra.

Behalwe vir die talle instansies wat op Mandeladag weer hand uitgesteek het om behoeftiges te wys daar is hoop en mense wat omgee, was die talle boodskappe op sosiale media en selfs oproepe na Weslander se kantoor wat ingestroom het nadat twee geliefde paramedici in ’n fratsongeluk beseer is, nog een so voorbeeld. Dan is daar ook die storie van ’n gemeenskapslid wat saam met die polisie gewerk het om ’n polisiehond te red nadat dit op soek na ’n verdagte beseer is. Vier stappers wat saam oor die 425 km sal aandurf met die doel om positiewe vaderskap te bevorder en die nood vir dringende ouerskap aan te spreek, wys ook hoe daar hande gevat word om die gemeenskap se samehorigheid te verbeter en in plaas van kritiek te saai, eerder optree om aan ’n beter samelewing te help bou.

In ’n openhartige boekgesprek in Langebaan het ’n plaaslike aktrise en skrywer ook haar lied, leed en lesse met gaste gedeel. Dit is soms ’n baie persoonlike ervaring, en kom met die besef dat dit weer ander kan help in hul pad tot genesing. Lekker lees!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article