Verskeie lede van All Saints het nuwe range ontvang en is ook vir hul jare lange diens beloon.


Die All Saints Hopefield-brigade se lede is Sondag 26 November weer met range en medaljes vir lang diens beloon.

Die oorhandiging van die range en medaljes is deur die regimentsoffisiere gedoen, naamlik kol. Roslin Williams, lt.kol. Eugene Isaacs en maj. Tarryn Rainers. Die geleentheid het in die plaaslike All Saints-kerk plaasgevind.

Op die dag was daar ook ’n bataljon-parade waarby All Saints Hopefield en St. Augustine Moorreesburg betrokke was. Hulle het voor kerk en ná kerk deur die strate gemarsjeer.

Verskeie lede van die All Saints het nuwe range ontvang en was ook beloon vir hul jare lange diens.Verskeie lede van die All Saints het nuwe range ontvang en was ook beloon vir hul jare lange diens.Verskeie lede van die All Saints het nuwe range ontvang en was ook beloon vir hul jare lange diens.

Lede wat hul range ontvang het, was kadet-lt.kol. Cecil Mentoor en Perceville May en lt.kol. Tashelene Cleophas, terwyl Brulene Maarman die rang van sers.kol. ontvang het.

Leoda Maarman (stafsersant), Devonika Louw (sersant-instrukteur) en Enya September (drommemajoor) het ook hul nuwe range ontvang, sowel as Lushena Papier (band-minnares), Quiedin adams (sersant-majoor) en Kern Papier (1ste luitenant.)

Verskeie medaljes vir lang diens is toegestaan. Lede met vyf jaar diens is Tashelene Cleophas, Brulene Maarman, Leoda Maarman, Cayle Maarman, Chloe August en Aduwaan Makka.

Lede met 10 jaar diens is André Cleophas en Levona Afrika.

Quiedin Adams, Devonika Louw en Lushena Papier is vereer vir 15 jaar van getroue diens.

Kern Papier is vereer vir twee dekades se diens.

Die All Saints-brigade het oudergewoonte met ’n parade verseker die musiek was op straat.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article