Die Weskus se oud-Bolander het dit weer gedoen en stap nou met vlieënde vaandels vir Suid-Afrika.

Die meestersatleet Douglas Hector het onlangs korte mette met die 5-km-spoedstap in die 60-64-ouderdomsgroep gemaak.

Dié Weskus-veteraan het by die Pilditch-atletiekstadion in Pretoria deelgeneem. Die item is nie sonder probleme afgehandel nie, want Hector was twee dae voor die stap-wedloop ernstig siek en moes daar ’n noodoperasie by die Zuid-Afrikaanse Privaat-hospitaal in Pretoria ondergaan.

Hy het egter goed herstel en Saterdag 16 Desember wel sy wedloop met lof in ’n tyd van 32:23 voltooi.

Met dié tyd het hy die silwermedalje verower. Daar was net geen keer aan hierdie atleet nie.

Hy sterk goed tuis aan nadat hy ná die atletiekbyeenkoms teruggevlieg het na Kaapstad. Hector bedank al sy kollegas wat daar was vir hom ten tyde van sy onwetende siektetoestand.

Hy is van voorneme om sy stap-loopbaan vir eers halt te roep totdat hy heeltemal gesond is en toestemming van sy dokter verkry het om weer op die atletiekbaan gesien te word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article