Met die oog op Huis Hadassa Kindersorgsentrum wat finansiering benodig, het Siyabonga Care Village ’n bruidswinkel genaamd Elegance oopgemaak. Die bruidswinkel bied bruide die geleentheid om trourokke vir hul groot dag te huur.

Chrisna du Plessis, stigter van Siyabonga Care Village, vertel omdat die rokke geskenk is deur welbekende ontwerpers in Kaapstad, is dit vir hulle moontlik om die pryse so laag as moontlik te hou.

Die winkel se deure het Vrydag 10 Mei oopgemaak en is weeksdae oop tussen 09:00 en 15:30 en Saterdae tussen 09:00 en 12:00.

Elegance het ook aandrokke te huur vir matriekafskeid en spesiale geleenthede.

Vir meer inligting bel Lindie Busch by 065 710 4055.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article