Eldon van der Merwe in Roem.Foto: Verskaf


Antoinette Kellermann, gesoute aktrise wat deesdae in Velddrif woon, en Eldon van der Merwe, ’n boorling van Piketberg, is tussen hulle bekroon met drie Kanna-toekennings en ’n spesiale prys.

Kellermann is as beste vroulike speler in ’n hoofrol aangewys vir haar vertolking in die tragiese klug, Die stoele. Dié debuutstuk van Eugène Ionesco (onder regie van Marthinus Basson) is ook bekroon as beste teaterproduksie en Chris van Niekerk as beste manlike speler in ’n hoofrol.

Kellermann het ook die toekenning vir beste vroulike speler in ’n ondersteunende rol ontvang vir haar optrede in Philip Rademeyer se Goed wat wag om te gebeur.

Eldon van der Merwe het die Kanna vir beste manlike speler in ’n ondersteunende rol vir sy optrede in Roem: ’n Musiekverhaal, ’n musiekblyspel deur Deon Meyer en Coenie de Villiers, ontvang. Hy is ook vereer met die Kunste Onbeperk se Jong Stem-prys.. Weslander vra hiermee plegtig om verskoning dat ons in die vorige berig oor die benoemings vir die Kanna-toekennings Kellermann se van sonder die dubbele “-nn” aan die einde gespel het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article