Pres. Cyril Ramaphosa het die afgelope Sondag (30 Junie) die Suid-Afrikaanse regering van nasionale eenheid (RNE) se nuwe kabinet aangewys. Sedert die verkiesingsuitslae en daarna die president se inhuldiging het mense op die rand van hul stoele gesit in afwagting oor wie in die nuwe kabinet gaan dien.

Daar was ’n mengelmoes van emosies toe die aankondiging uiteindelik gemaak is, met die media wat meestal berig het oor ’n “opgeblaasde” kabinet wat die belastingbetaler nog meer sal kos.

Daar is immers altyd kinkels in die kabel wanneer verandering of vernuwing plaasvind.

Suid-Afrika ondergaan tans ’n groot verandering, maar een wat met die regte leierskap voordele kan inhou.

Laat ons nie onsself in die voet skiet deur negatief te wees nie, maar eerder daarna streef om mekaar te steun sodat ons reënboognasie in die nuwe tydvak van die RNE van krag tot krag kan gaan.

Ons het vir die eerste keer in ons land se geskiedenis ’n kans om verskille opsy te skuif en saam vorentoe te beweeg sodat ons en ons kinders en kleinkinders ’n beter toekoms kan hê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article