Dit was ’n groot oomblik vir die Khoi-San-groep in die Weskus met die inswering van hul nuwe leierskap.

Hierdie historiese geleentheid is Saterdag 10 Augustus by die Langebaan Skateboard Park gehou. ’n Nuwe Aikonese leierskap het die troon bestyg met die tema “restorasie in geheel en om versoening te bewerkstellig in die benadeelde bruin gemeenskappe”.

Carmen Rodgers, ’n inwoner van Langebaan, is met haar sterk aktivistiese agtergrond­kennis van die gewone mense op grondvlak, as die nuwe senior hoof van die Aikonese stam aangewys. Rodgers sê dis vir haar ’n eer en voorreg om so ’n posisie te beklee.

“My hart is en was nog altyd net om die Khoi-volk te verenig. Daar is baie wat voorlê, maar ek het baie goeie ondersteuning van die gemeenskappe in die Weskus. Saam gaan ons geregtigheid in die Weskus laat geskied. Die vissersgemeenskap, jeug en ons seniors se belange lê my ook baie na aan die hart.”

Met hoëprofielgaste onder leiding van kroonprins David Johannes Cochoqua Koninghuis en delegasie wat die tradisieryke seremonie gelei het, was die geleentheid gevul met kulturele warmte vir die Nau!! (seremonie).

Die nuwe leierskap is as volg:

Langebaan: Quinton March

Hopefield: Quinton Julies

Jeugleiers: Brydon Rodgers, Shahied Williamson en Rashied Williamson

Raadslede: Roberta Rodgers, Christa Witbooi, Latticia Perzens en Sunette Pitman.

Ouderling-raadslede: Henry March en June Stringer.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article