Toeskouers het die komediant Marc Lottering se nuwe solo-aanbieding genaamd Marc Eugene Lottering terdeë geniet.

Met twee stampvol vertonings op een dag by Die Koelkamers wat op Saterdag 1 Februarie opgedis is, is dit weer ’n bewys dat Marc ’n gunsteling onder baie is.

Tydens die vertoning het Marc meer in sy persoonlike lewe gedeel en gedelf op ’n komiese manier nes hy kan en sy bevindings gedeel oor waar hy dink sy kleurvolle stamboom vandaan kom. Soos te wagte is, was sy standpunte skreeusnaaks en verregaande nadat sy ma, toe hy klein was, hom belowe het dat hulle almal oorspronklik “blonde Duits-Caribbeans” was.

Jan Malan, mede-eienaar van Die Koelkamers, sê al twee vertonings was ’n reuse-sukses. “Die vertonings was uitverkoop en ons het vir nog mense plek gemaak. Marc se vertoning was uit die boonste rakke en hy is regtig geniaal met komedie en storie vertel,” voeg Malan by.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article