Die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) in die Wes-Kaap herinner inwoners aan die komende munisipale tussenverkiesings op Woensdag, 22 April 2026. Die vakatures het ontstaan ná die bedankings vroeër vanjaar van die voormalige burgemeester André Truter en onderburgemeester Charmaine Laubscher uit die Saldanhabaai-munisipaliteit.
Truter se ou wyk, Wyk 5, sluit Jacobsbaai en dele van Saldanha in, en Laubsher se ou wyk, Wyk 6, sluit dele van Langebaan in.
Registrasie-naweek
Registrasies sal plaasvind Saterdag 7 en Sondag 8 Maart, van 08:00 tot 17:00, by die volgende plekke:
- Wyk 5: Dial Rock-saal, Albatrosstraat, Saldanha, en die Togryersvlei-saal, Jacobsbaai (4 188 geregistreerde kiesers).
- Wyk 6: Langebaan-stadsaal, Breëstraat, Langebaan (5 141 geregistreerde kiesers).
Hierdie geleentheid stel inwoners in staat om:
- Te registreer om te stem.
- Hul registrasiestatus te kontroleer en te bevestig.
- Registrasiebesonderhede op te dateer indien hulle na die wyke verhuis het.
Wie kan registreer en stem?
- Om te registreer én te stem moet jy ’n Suid-Afrikaanse burger van 18 jaar of ouer wees.
- Bring een van die volgende identiteitsdokumente:
- Groen ID-boekie met strepieskode.
- Slimkaart-ID.
- Geldige Tydelike Identiteitssertifikaat (TIC).
Kontroleer jou registrasiestatus
- Besoek: www.elections.org.za
- SMS: jou ID-nommer na 32810 (R1 per SMS)
- WhatsApp: “Hi” na 060 088 0000
Die kieserslys vir die tussenverkiesing sluit amptelik op Vrydag 13 Maart om 17:00, waarna die tussenverkiesing geproklameer gaan word en kandidate benoem gaan word.
Klik hier om uit te vind waar jý moet stem.
Vir meer inligting, kontak die plaaslike IEC-kantoor by 022 703 1960 tydens kantoorure.





