Is jy ‘n hoërskoolleerder wat daarvan hou om in die kombuis te speel en jou gunstelingdisse te maak? Dan is S.T.I.R. Weskus net vir jou! Stuur ‘n kort video van jouself terwyl jy jou lekkerste gereg voorberei, en wys ons hoe jy kan “S.T.I.R. up a victory”. Die kompetisie is oop vir almal wat tussen 2007 en 2011 gebore is. Jy moet jou video saam met ‘n kort opstel stuur waarin jy vertel wie jy is, waar jou liefde vir kos vandaan kom en hoekom jy die uitdaging wil aangaan. Die inskrywingsfooi is R500 en die sluitingsdatum is Saterdag 31 Maart.
Stuur jou inskrywings aan stirweskus@gmail.com.
Dit is nie net ‘n gewone kookkompetisie nie, hier kry jy kans om van professionele sjefs te leer, jou kookvaardighede te wys en groot pryse te wen, soos ‘n MSC-vaart vir twee, kookkursusse en sjefge- reedskap. ‘n Deel van die geld gaan ook na minderbevoorregte skole om ander kinders te ondersteun.
Die kompetisie vind plaas by die Longacres Privaatskool en Weslander is die hoofmediaborg. Volg S.T.I.R. Weskus en Weslander op sosiale media vir meer inligting.
Stap die kombuis in, wees kreatief en wys jou koskookvernuf, wie weet, jy kan die volgende groot sjef van die Weskus wees.





