Probeer Dawid Botha van Lekker Weskus se sappige steakresep met brandewyn en groenpeperkorrels.
Bestanddele
Wildebeest-brandewyn
2 eetlepels groenpeperkorrels in pekel
1 knoffelhuisie
1–2 sjalotte
‘n paar takkies tiemie
125 ml vars room
botter vir braai
jou gunsteling-steak
sout na smaak
Metode
Berei die steak voor:
1. Laat jou steak op kamertemperatuur kom.
2. Geur dit mildelik met sout om die vog uit te trek.
3. Braai oor hoë hitte tot die interne temperatuur 55 °C bereik vir ‘n perfekte medium-gaar steak.
Maak die sous:
4. Smelt botter in ‘n pan oor medium hitte.
5. Voeg die gekapte sjalotte by en
soteer tot sag – moenie laat die verbruin nie.
6. Voeg nou die fyngedrukte knoffel en groenpeperkorrels by en roer deur.
7. Voeg brandewyn by. Gooi so 50 ml Wildebeest-brandewyn in die pan en laat dit prut totdat die alkohol uitgekook is.
Finale geur:
8. Voeg die tiemietakkies en vars room by. Laat die sous stadig kook totdat dit effens verdik het. Roer af en toe.
Bedien:
9. Sny jou steak in repe en skep die romerige, gegeurde sous mildelik daaroor.
Bedien met ‘n glasie brandewyn en geniet die wintersgenot.





