Help Anders, ‘n Vredenburgse organisasie sonder winsbejag, het ‘n groot hart vir die gemeenskap. Volgens Emile Lombard, ‘n lid van die organisasie, het hulle besluit om Help Anders te stig omdat die gemeenskap hulp nodig het en hulle ‘n groep mense is wat ‘n liefde het om, waar moontlik, in die gemeenskap terug te ploeg. Die organisasie het op Woensdag 11 Februarie hul eerste sopkombuis vir die jaar aangebied en het 100 mense by die Witteklip-gemeenskapsaal gevoed. Lombard sê hulle wil graag meer mense help en sal hulp van die publiek waardeer. Bel Lombard by 063 065 3689 vir nog inligting.

Help Anders help ander

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article