“Die vuilste en treurigste plek wat daar is, en niemand doen moeite om iets daaraan te doen nie.” Só beskryf ‘n bekommerde inwoner Velddrif se munisipale vullis-stortings- terrein. Die Bergrivier-munisipali- teit bestuur dié dorp. Weslander het die terrein vroeër die week besoek en Velddrif se vullisstor- tingsterrein is inderdaad ‘n skokkende oogseer.

Dit is duidelik dat Sakkie Lombard, ‘n inwoner van die Port Owen-woonbuurt in dié snelgroeiende Weskusdorp, rede het om besorg te wees. Sakkie, wat in die plaaslike boubedryf betrokke is, besoek die terrein gereeld vir stortings. “Die gemors lê al maande lank selfs buite die stortingsterrein, maar niks word daaraan gedoen nie. Miskien kan Weslander ons help om dit beter te kry, want die munisipaliteit doen niks.”

Sakkie Lombard is moedeloos oor die Velddrif- munisipale stortingsterrein se toestand. Foto’s: Danie Hefers

Op die oog af is dit duidelik dat geen behoorlike toegangs- en stortingsbeheer toegepas word nie. Private voertuie met onder meer vragte tuinvullis en bourommel kom en gaan deur die oop hek. Die uitgestrekte veldgebied rondom die stortingsterrein is ook met rommel en vullis besaai. Plastiek, glas, tuinvullis, ou klere en gebreekte huishoudelike toerusting is oral sigbaar en waai in die sterk Weskuswind teen veldplante vas. Die handewerk van koper- en kabel- diewe is ook oral in die veldgebied langs die stortingsterrein se omheining sigbaar. Die terrein grens aan die munisipale rioolsuiweringsaanleg en is naby die Noordhoek-woonbuurt en die dorp se nywerheidsgebied geleë.

Die vullis by die Velddrif- munisipale stortingsterrein lê buite die ringmuur.

Agter die stortingsterrein se indrukwekkende baksteen-omheining lê hope vullis en bourommel in die warm Weskusson en bak. “Mense dump nou buite, want daar is nie meer genoeg plek binne die terrein nie. Alles word deurmekaar gegooi. Daar is geen toegangsbeheer nie. Jy ry in soos jy wil, gaan stort jou goed waar jy wil, en dis dit,” sê ‘n ontstoke Sakkie. Volgens hom het hy reeds ‘n klagte aangemeld, maar niks het tot dusver verbeter nie. “Ek dink nie dit is reg nie. Ons het ‘n mooi Weskusdorpie. Die stortingsterrein is ‘n oogseer en ‘n moontlike gesond- heidsgevaar vir nabygeleë woonbuurte. Gemors waai tot in die Noordhoek-gemeenskap. Toegangsbeheer is nodig, anders gaan niks verander nie,” sê hy.

Die bekende burgerregte-organisasie AfriForum doen jaarliks ‘n landwye vullisterrein-oudit om te bepaal of plaaslike regerings afvalbestuur verantwoordelik voldoen. Volgens dié verslae druip Velddrif se stortingsterrein AfriForum se oudit reeds sedert 2021. Volgens AfriForum se 2025-ouditverslag het byna 80% van vullisterrein
e landwyd nie die oudit geslaag nie.

In die Wes-Kaap het slegs 51% van die 37 terreine aan die ouditvereistes voldoen, terwyl stortingsterreine in Vredenburg en Langebaan in die Saldanhabaai- munisipale gebied uitstekende oudits ontvang het. Die Bergrivier-munisipaliteit het in reaksie op ‘n navraag van Weslander gesê hulle is bewus van klagtes en uitdagings by die Velddrif-oorlaaistasie. Volgens hulle het die Raad gister (21 Januarie) ‘n terrein-inspeksie gaan doen en die saak geniet dringende aandag. “‘n Volledige operasionele plan is aan die Raad en Burgemeesterskomitee voorgelê, waarin alle uitdagings en begrotingsimplikasies uitgewys is.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article