Die Krewe het hope talent en is goed op dreef.

Die Vredenburg-Saldanha-krieketklub se mans- en vrouespanne het die afgelope Saterdag (8 November) die klub in drie belangrike wedstryde verteenwoordig.

Eerstens het die mans se eerste span teen Van der Stel in die eindstryd in die T20-Premier-krieketliga op die Pen Basson-krieketveld in Wellington te staan gekom. Tweedens het die mans se tweede span teen Young People’s gespeel en derdens het die vrouespan teen hul eweknieë van Piketberg te staan gekom.

Hoewel al die Krewe-spanne vasgeval het, het hulle gewys hulle is ligaspanne om mee rekening te hou. In die eerstespan-wedstryd het Van der Stel ‘n indrukwekkende telling van 265/2 opgestel. A. Hanekom het 103 van 48 balle geslaan, terwyl W. Brand 84 van 41 balle en C. Batt 54 nie uit nie gemoker het. Die Krewe het die teiken gejaag, maar kon net 177/9 behaal. G. Hulley het 57 van 40 balle geslaan en Q. Kannemeyer 42 van 17 balle. W. Brand het ook met die bal uitgeblink en 4/26 geneem.

Van der Stel het die wedstryd met ‘n oorwinning van 88 lopies gewen en die nuwe T20 Premier-krieketligakampioen van Boland-krieket geword.

Young People’s II het Krewe II tot 73/10 beperk, met R. Isaacs wat vier paaltjies vir slegs 8 lopies geneem het. Young People’s het die teiken met gemak bereik en afgeslaan vir die verlies van een paaltjie, 77/1, danksy A. Jacobs se indrukwekkende kolfbeurt van 62 nie uit nie met net 30 balle. Young People’s II het die wedstryd met nege paaltjies gewen en is as vanjaar se kampioen gekroon.

Die Piketberg-vroue is tot 78/10 beperk, met I. Barrens wat 28 nie uit nie geslaan het. M. Greeff (3/12), M. Martin (3/24) en M. Cloete (2/11) van die Krewe het die paaltjies geneem. Die Krewe-vrouespan is almal vir 72/10 uitgeboul, ondanks M. Martin se dapper bydrae van 40 nie uit nie met 28 balle. Goeie vertonings is ook gelewer deur C. Pedro wat 4/5 en Z. Rooi wat 2/5 geneem het. Die Piketberg-vrouespan het met ses lopies gewen.

Die Vredenburg-Saldanha-krieketklub is trots op sy spanne se deursettingsvermoë en die karakter wat hulle gewys het. Daar is hope talent en potensiaal in die klub vir toekomstige sukses.

dummy text

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article