Van links ontvang lt.gen. Thembisile Patekile, gen.maj. Luyanda Damoyi en gen.maj. Sizakhele William Dyantyi die Weskus se operasionele veiligheidsplan. Foto’s: Noluvu Ludidi

Die provinsiale veiliger-feestyd-veldtog in Piketberg met die doel om ‘n veilige feestyd vir almal te skep, is pas bekendgestel. Die bekendstelling het op Vrydag 17 Oktober plaasgevind, met verskeie belanghebbendes teenwoordig.

Alle amptenare is gereed om die komende feestyd veiliger te maak.
Alle amptenare is gereed om die komende feestyd veiliger te maak.

Lt.genl. Thembisile Patekile, die Wes-Kaapse provinsiale polisiekommissaris, het die bekendstelling van die provinsiewye veldtog in die Weskusdistrik onder Operasie Shanela 2 gelei.

Mario Wessels, die adjunkburgemeester van die Bergrivier-munisipaliteit, het almal verwelkom en inwoners daaraan herinner dat veiligheid by elkeen begin.

“Laat ons verantwoordelik bestuur, verkeerde dade aanmeld en na ons bure omsien. Saam kan ons hierdie feestyd een van die veiligstes maak – sonder hartseer,” het hy gesê.

Wessels het die polisie geprys en bedank vir die werk wat hulle doen.

Gen.maj. Luyanda Damoyi het gesê die fokus gedurende die feestyd sal wees op polisiesigbaarheid, toerismebestemmings, padveiligheid en die verwydering van onwettige vuurwapens asook die samewerking met beamptes van munisi-

pale wetstoepassing, veiligheidsbelanghebbendes en vennote en verkeersdienste. Die fokus sal ook op provinsiale ondersteuning en intelligensie-geleide ontplooiings in brandpuntgebiede val, insluitend Saldanha, Vredenburg, Vredendal, Malmesbury en Piketberg.

Patekile het almal aangespoor om saam te werk en gewaarsku geen wetteloosheid sal geduld word nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article