Kom neem deel aan Weskus-sakekamer potjiekos-kompetisie

26 September 2025 @ 09:00

Die Weskus-sakekamer hou ‘n potjiekos-kompetisie by Juffroushoogte in Vredenburg. Inskrywings kos R500 vir ‘n span van vier en deelname is nie beperk tot net sakekamerlede nie. Pryse sal op die spel wees en groot pret is gewis deel van alles. Die vure begin om 09:00 brand en die beoordelaars sal om 13:00 begin proe. Kontak Suritha du Plessis by 083 461 4535 of stuur e-pos na admin@sdphr.co.za om in te skryf. 

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article