Die brandende huis in Brackenfell op Sondagoggend 17 Augustus.

‘n Vredenburgse vrou, wat al ‘n geruime tyd in die Kaap woon, het Sondag- oggend (17 Augustus) in ‘n huisbrand in die Kaapse woonbuurt Brackenfell gesterf.

Zeynep Sozen (41), wie se familie steeds in Vredenburg woon en wat nog gereeld op die dorp kom, is die enigste van sewe mense in die huis wat doodgebrand het. Die ander het bykans ongedeerd daarvan afgekom.

Desirée Rorke van TygerBurger berig die huis in Gladiolus-singel het heeltemal uitgebrand.

Jermaine Carelse, ‘n woordvoerder vir die Stad Kaapstad se brandweerdiens, het aan Rorke gesê die noodoproep is omstreeks 08:55 ontvang. Spanne van Kraai-

fontein, Brackenfell, Belhar en Roelandstraat het hulle na die toneel gehaas en die brand is net ná 11:00 geblus. Die hele woning is verwoes en ‘n strukturele ingenieur is aangevra omdat daar tekens van ‘n dreigende ineenstorting was. Rorke berig verder Sozen se liggaam is in die dakkamergedeelte van die huis gekry.

Sy berig kol. Jakobus Marthinus, die bevelvoerder van die Brackenfell-polisie, het gesê die vrou kon nie betyds uit die huis kom nie en is moontlik deur rook oorval.

Hy het ook gesê daar was altesaam sewe mense in die woning ten tyde van die brand. Een van dié inwoners is weens rook-inaseming na ‘n hospitaal geneem. Geen verdere beserings is aangemeld nie.

Die Brackenfell-polisie ondersoek die oorsaak van die voorval en het Dinsdag (19 Augustus) gereël vir brand-

deskundiges en ‘n brandhond om die toneel te besoek.

Wyle Zeynep Sozen (41)

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article