Alida Buckle

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) doen ‘n voorlopige ondersoek na die dood van ‘n verdagte in die selle by die Saldanha-polisiekantoor verlede week.

Die verdagte het hom na bewering met ‘n stuk tou wat hy nog by hom gehad het, in die selle opgehang.

Volgens Lizzy Shuping, ‘n Opod-woord- voerder, het die verdagte homself verlede Donderdag (14 Augustus) glo in sy sel opgehang.

Die Opod-ondersoekspan het ‘n verslag oor die voorval ontvang waarin beweer is die verdagte het sy eie lewe geneem.

Die lykskouing sou die afgelope Maandag (18 Augustus) plaasgevind het.

“Opod doen ‘n voorlopige ondersoek om te bepaal of daar enige nalatigheid van die polisie se kant was, of nie. Dié voorlopige ondersoek is nog nie afgehandel nie,” het Shuping gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article