Op parade net voor die gesamentlike vrouepadblokkade in Moorreesburg.

“Ag, as hulle sien ons is net ‘n klomp vroue, is hulle nogal vriendelik.”

Vrouebeamptes besig in Moorreesburg.

Só meen een vrouelid van die Saldanhabaai-munisipaliteit se wetstoepassingsafdeling wat aan een van Vrouemaand se reeks padblokkades deur net vrouebeamptes deelgeneem het.

Weslander het die afgelope Vrydag (8 Augustus) met dié groep vroue oorkant die Engen-1Stop by Langebaan gesels.

Die beamptes van die verskillende nooddienste in die Saldanhabaai- munisipale gebied, reg vir nóg ‘n padblokkade deur net vroue “beman”. Foto: Alida Buckle

Soos net ‘n klomp vroue kan, is opgewonde saam gelag en gesels en reggemaak vir die groot werk wat tussen ‘n uur en drie ure op ‘n keer kan duur.

Weskussers kan hulle regmaak om nog die hele maand die “skone” padblokkades op verskillende plekke raak te loop. Dit word ter viering van Vrouemaand gehou.

Motoriste word op die R27 voorgekeer.

Die vroue-padblokkades hou nie net die paaie veilig nie, maar stel ook die rol wat vroue in noodsaaklike dienste verrig, ten toon.

Benewens wetstoepassing neem die polisie, die brandweer, reddingsdienste, die munisipale en provinsiale verkeersdienste en die militêre polisie aan die gesamentlike padblokkades deel.

• ’n Vrouepadblokkade is vroeër ook naby die N7-weegbrug gehou.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article