Die klank van harmonieuse koorsang het die Weskus Mall met sy perfekte akoestiek gevul nog voordat die klankstelsel vir die Cancervive- deurnagstap aangeskakel is.

Die gees was groot, met spanne wat die afgelope Saterdag (26 Julie) in hul liggies, hoede, tutu’s en bedrukte spanhemde nie kon wag om die roete vir tien ure lank deur die winkelsentrum te stap nie. Die idee is soortgelyk aan die ou deurnagstaptogte wat gewoonlik om ‘n rugbyveld plaasgevind het. Die roete deur die Mall het ook twee stelle trappe ingesluit om die uitdaging vir moeë bene net so effens moeiliker te maak.

Oud en jonk het aan Elfrieda Engels, die plaaslike Cancervive-sameroeper en kankeroorwinnaar, se kankerbewusmakingsveldtog, kom deelneem.

Engels het Weskussers genooi om aan ‘n oornagstap deur die Weskus Mall deel te neem.

Die winkelsentrum se bestuur Joanne Bester en Wendy Bezuidenhout het vir die groep kankeroorwinnaars medaljes en ‘n geskenkpakkie gegee voordat hulle die eerste rondte – ‘n gedenkrondte – met waardigheid alleen gestap het.

Die volgende oggend omstreeks 05:00 is al die wenners aangewys – die individu en die span wat die meeste rondtes voltooi het, die span met die beste gees en die span met die mooiste uitrustings.

Groter bewustheid van kanker is deur die nag met edu-shows en speletjies geskep en sprekers het hul stories gedeel.

Die Mfesane- mobiele eenheid het heelnag reggestaan en borsondersoeke en papsmere gedoen, asook bloeddruk en bloedsuiker getoets.

Die Harcourts-span het vir springmielies en ‘n springkasteel vir die kleinspan gesorg.

Plaaslike musikante het vir vermaak gesorg.

dummy text
Gert Venter en lede van die Road Thunders-motorfietsklub het ook kom stap.
‘n Glimlaggende stapper wys haar glans.
Die spanne het almal moeite gedoen. FOTO’S: Blaze Buckle
Maritha Wagner (Harcourts) en Elfrieda Engels (Cancervive) vat ‘n blaaskans.
Adéle van Dyk en Madeli Vlok van Mfesane het reggestaan.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article