Die Vyftigers: Gian Groen, Neil Sanidlands, Abel Kraamsaal en Schalk Joubert.

Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal maak vanaand (Donderdag 10  Julie) hul buiging as Die Vyftigers by Die Koelkamers in Paternoster om met Afrikaans se 100ste amptelike bestaansjaar saam te val.

Die Vyftigers is ‘n musikale viering van die lewe, taal, stories en tyd. Sandilands, Joubert, Groen en Kraamsaal staan saam op die verhoog om hul liefde vir Afrikaans en hul eie halfeeu lange reis te vier.

Dit is ‘n produksie vol lirieke, lag, melodie en menswees. Die Vyftigers as groep het in die appelboorde van Grabouw tussen kitare, staalsnare en spontane samesyn by Groen se 50ste verjaarsdagpartytjie ontstaan. Al vier word 50 en bring elk sy eie storie, instrument en kleur na die verhoog. Die Vyftigers is nie net ‘n musiekvertoning nie – dit is ‘n viering, ten volle in Afrikaans en ‘n danksegging aan die taal wat dit alles moontlik maak.

• Die vertoning begin om 19:00. Kaartjies kos tussen R230 en R322. Besoek www.diekoelkamers.com om te bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article