Dié bondels khat kon vir R9 000 op straat verkoop geword het. Foto: Polisie
Dié bondels khat kon vir R9 000 op straat verkoop geword het. Foto: Polisie

Sowat 12.1 kg khat ter waarde van R9 000 is Donderdag 12 Junie omstreeks 11:00 by Ahmad Siraad (44), ‘n Somaliese burger, op Vredenburg gekry.

Volgens Tania Helfrich, woordvoerder van die Weskus Polisie-distrik het die polisie vooraf inligting ontvang oor ‘n Somaliese man op die R45 met ‘n sak khat by hom.

“Beamptes het die saak opgevolg en Siraad is met die sak khat betrap.”

Die khat-plant, waarvan die blare óf gekou of as ’n aftreksel gedrink word, raak al hoe meer gesog onder stropers en smokkelaars omdat dit na bewering opwinding, ’n verlies aan eetlus en euforie by gebruikers veroorsaak, het Weslander vroeër berig.

In Suid-Afrika is khat egter ’n beskermde plant en die gebruik daarvan is onwettig.

Siraad het reeds op aanklag van die onwettige besit van khat in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article