Paul Pretorius (47) op sy Kawasaki ZX-14. Foto: Dezeré Coetzer

Weslander deel nuusgebeure wat tydens die 2025 nuusjaar plaasgevind het:

Januarie

• ’n Botsing reg van voor het op Maandag 13 Januarie die lewe van pastoor Jakobus Carolus en twee vroue geëis. Die botsing het op die R399-Paternosterpad gebeur.

• Die motorfietsryer Marius Lotz (38) is op Vrydag 17 Januarie in ‘n padongeluk dood.

Februarie

• Die driemanskap wat daarvan verdink word dat hulle die sewejarige Joshlin Smith ontvoer en verkoop het, se saak kan dalk eerder in Saldanha aangehoor word. Dié verwikkeling is Vrydag 31 Januarie tydens Joshlin se ma, Kelly Smith (34), se vlugtige verskyning in die Kaapse hooggeregshof genoem.

• Paul Pretorius (47), die president van die Megaforce-Weskus-motorfiets­klub en die Kaapse streekpresident van Megaforce Suid-Afrika, het Saterdag 15 Februarie naby Klawer met sy motorfiets verongeluk. Hy is ernstig beseer toe hy omstreeks 17:15 met sy motorfiets om ‘n draai teen ‘n aankomende motor se bestuurskant gebots het en het aan sy beserings beswyk.

Paul Pretorius (47) op sy Kawasaki ZX-14.
Foto: Dezeré Coetzer

Maart

• Die hofsaak oor Joshlin Smith se verdwyning begin op Maandag 3 Maart in die veeldoelige sentrum in White City, Saldanha. ‘n Duideliker prentjie ontwikkel gou oor die eerste ure ná haar verdwyning. Joshlin se ma, Kelly (Raquel) Smith (34), staan saam met Boeta (Jacquen) Appolis (32) en Steveno van Rhyn (28) tereg op aanklagte van ontvoering en mensehandel vir die doel om uit te buit. Hulle ontken skuld.

• Inligting kom na vore oor Bradley Douw van Louwville, wat sedert Donderdag

14 Desember 2023 vermis is – Douw is vermoor. Dit volg nadat die polisie ‘n jaar en twee maande ná sy verdwyning bevestig het forensiese toetse bewys die beendere wat in Januarie 2024 ná ‘n drie dae lange soektog deur die gemeenskap van stapel gestuur is, is wel dié van Douw.

Wyle Bradley Douw.

• Die 18-jarige Ryan Samuels se lewe is op Saterdag 15 Maart tragies kortgeknip toe hy by ‘n klubrugbywedstryd tussen Langebaan en St. Helenabaai by die rugbyveld in Oostewalstraat, waar hy ‘n toeskouer was, doodgesteek is.

• Toeskouers by Saterdag 22 Maart se Weskus-lugskou se verstomming oor een van Suid-Afrika se bekwaamste vlieëniers se behendige toertjies met ‘n Impala Merk 1-

vegvliegtuig het in ‘n oogwink in afgryse verander toe die vliegtuig skielik ná ‘n rolbeweging begin duik en neergestort het. James O’Connell, ‘n bekende en ervare vlieënier van Bredasdorp, se toertjies vóór die val was asemrowend en het sy behendigheid as vlieënier gewys.

April

• Rugby enthusiasts geared up for a weekend of full-paced rugby action at the sixth annual Saldanha Super 8 Easter Rugby Tournament between Thursday 17 and Monday 21 April at the Transnet Saldanha Stadium.

• Die gemeenskap van Piketberg en die plaaslike kunstewêreld betreur die dood van die talentvolle Tyron Zoutman (32). Hy het op Dinsdag 7 Janurie verdwyn. Dit is op Dinsdag 22 April bevestig dat die ontbinde lyk, wat einde Maart in die berge van Piketberg gevind is, syne is.

Mei

• Lewenslange tronkstraf staar Kelly Smith, Boeta Appolis en Steveno van Rhyn in die gesig nadat hulle op Vrydag 2 Mei op aanklagte van ontvoering en mensehandel skuldig bevind is. Joshlin Smith het as sesjarige op Maandag 19 Februarie spoorloos uit die Middelpos- informele nedersetting in Saldanha verdwyn. Sy word steeds vermis.

• Die Saldanha-Transnet-stadion was die tuiste van ‘n epiese stryd tussen die twee groot kanonne van Weskus-rugby, Saldanha en Vredenburg. Die skare in die volgepakte stadion het besef hulle kan ‘n klassieke derby verwag. Vredenburg het Saldanha 31-26 geklop.

• Die Weskussers Shahida Jooste (26) van Laingville, haar beste vriend, Matthew Kotzé (26) van Saldanha en haar ma, Carol Jooste (54), ook van Laingville, sterf saam in ‘n tragiese ongeluk. Die ongeluk het Saterdag (24 Mei) omstreeks 20:00 op die B1-pad tussen Rehoboth en Windhoek in Namibië gebeur toe hulle na die troue van Carol se broerskind op pad was.

Junie

• Ná drie en ‘n half jaar groet Weslander en Weskus Nuus se redakteur, Maryke Swart, die Weskus. Sy keer terug na haar tuisdorp in die Paarl, waar sy die stoel as redakteur van Paarl Post, Standard Breederivier Gazette en Swartland Gazette in Malmesbury inneem.

• Weskus Media kondig aan dat Alida Buckle, ‘n ervare joernalis en redakteur wat haarself oor die jare in verskeie rolle in die mediabedryf bewys het, as redakteur van Weslander en Weskus Nuus aangestel is. Sy het reeds voorheen dié rol vervul – van 2005 tot 2010.

• Die man wat verlede jaar vir die wrede dood van die netbalafrigter Elrico “Rico” Byl (27) van Diazville, Saldanha, in hegtenis geneem is, gaan 25  jaar in die gevangenis deurbring.

Julie

• Hank McGregor (47) het die Bergrivier-

kanomarathon, wat in Velddrif eindig, Saterdag 5 Julie die 14 de keer gewen. Die Velddriwwer Robbie Herreveld was tweede.

• Weslander kry verskeie toekennings by die eerste landwye Novus Media-prysuitdeling op 31 Julie in Strand. Alida Buckle word aangewys as die Bolandstreek se wenner in die hardenuus- en in-diepte-artikel-afdelings en word uit 21 koerante in die groep as landwye Joernalis van die Jaar aangewys. Sy wen ook die landwye afdeling vir hardenuus-verslaggewing. Madelie van Tonder, ons advertensieverteenwoordiger, kry die streeks- en landwye toekenning vir haar voortdurende harde werk om nuwe kliënte te werf.

Augustus

•  St. Helenabaai en die rugbygemeenskap word in rou gedompel ná die dood van Randy Fillies, ‘n kranige St. Helenabaai-

rugbyspeler, sy ma, Heidi Alexander, en sy suster, Rachèma Fillies, wat in ‘n motor–ongeluk naby Wolseley op Vrydag 8 Augustus in die vroeë oggendure oorlede is.

• Keamogetswe Khunofu (29), ‘n junior vlootoffisier van Simonstad, word op Vrydag 8 Augustus in die Vredenburg-landdroshof skuldig bevind aan strafbare manslag omdat hy Michelle de Clerck (37) op 9 November 2021 voor die OK Minimark in Saldanha se hoofstraat doodgery het. Hy en ‘n medestudent het op die noodlottige dag in twee voertuie in Saldanha se hoofstraat teen mekaar gejaag nadat hulle in Paternoster gekuier het.

• Weslander begin berig oor Billy Lightfoot, ‘n vermeende sosialemedia-bedrieër, wat glo landwyd mense kul, in ‘n saak van bedrog in die Vredenburg-streekhof wat op Dinsdag 12 Augustus begin het. Lightfoot het na bewering landwyd mense wat verhuis onder die name “BA Transferals” en “Country Wide SA (Pty) LTD” ingedoen.

• Die verdagtes in die Joshlin Smith-hofsaak se aansoek om appél teen hul skul-

digbevinding en lewenslange tronkstraf word op 13 Augustus in die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad geweier. Renz Lombaard kry vrywaring van vervolging vir haar aandeel aan die verdwyning omdat sy ‘n staatsgetuie geword het.

• Drie vissermanne verdrink toe hul skuit op Vrydag 15 Augustus naby Shelley Point omslaan. Pieter Jordaan (52), Francois Samuels (44) en Richard Matthys (57), wat gereeld saam visgevang het, is dié Vrydag-

oggend soos gewoonlik uit die huis om hottentotsvis te gaan vang, maar het nooit teruggekeer nie.

• Alida Buckle het by die Forum van Gemeenskapsjoernaliste (FCJ) se prysuitdeling op Vrydag 22 Augustus ‘n vierde plek vir hardenuus-beriggewing, ‘n vyfde plek vir sportberiggewing, en ‘n negende plek vir redaksionele kommentaar en rubrieke ontvang. Sy was die naaswenner in die fotografie-afdeling in die nuwe mobielefotografie-afdeling en het ‘n vyfde plek vir hardenuus-fotografie gewen. Lulu Ludidi behaal ‘n sesde plek in die menslikheidsafdeling (human interest).

• Die lyk van Marley Filander (25) is op Saterdag 23 Augustus op ‘n oop stuk veld naby die Hoërskool Weston in Pikkewyn-

straat, Louwville, ontdek. Hy het by vriende gekuier en was halfpad huis toe toe hy en ‘n vriend aangeval is. Anthony Rhodes (24) en Jean-Claude Goliath (21) is op Vrydag 5 September in hegtenis geneem en het op aanklag van moord in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

• Modelletjies skitter op die loopplank by vanjaar se Mnr. en Mej. Fynbos Tiener met ‘n Wilde Weste-tema, wat op Donderdag 28 Augustus as deel van die Hopefield-fynbosskou gehou is. Weslander se wenners in sy Fotogenies-kompetisie word aangekondig. Mnr. Tiener Fynbos is Juandré Corrie met Nika van Schalkwyk Mej. Fynbos Tiener 2025.

September

•  Die SBM huldig op Vrydag 5 September ‘n nuwe polisiëringshoof en ‘n nuwe munisipale brandweerhoof in. Lindie Kleynhans word die nuwe hoof van polisiëring en wetstoepassing en Ann Supra-Vertue (48), die brandweerhoof – twee ervare vroue met ‘n passie vir hul werk.

– Velddrif staan op Donderdagaand

18 September soos een man saam om ‘n rietdakhuis van vlamme te probeer red, maar die gebou het ongelukkig tot op die grond afgebrand.

Oktober

• ’n Lid van die publiek het op Maandag 6 Oktober op Riedewaan “Wannie” Jan (33) se ontbinde lyk langs ‘n sandpaadjie in die duine by Diazville, Saldanha, afgekom. ‘n Verdagte, Dimitri Ashwen Williams (36 ), word later die aand in hegtenis geneem en verskyn in die Vredenburg-landdroshof op aanklag van moord. Wannie, ‘n veilig-

heidswag by die Saldanha-hawe, is op 27 September as vermis aangegee.

• Danielle “Dani” van Wyk (25) verdrink tydens ‘n visvanguitstappie by Tietiesbaai, Paternoster, op Dinsdag 7 Oktober. ‘n Fratsbrander het haar en haar kêrel, JP Louw (26), na bewering van ‘n rots afgeslaan, waarop albei in die yskoue water beland het. Hy het glo alles probeer om by Van Wyk, uit te kom, maar is ook deur die sterk seestroom weggesleur.

• Die NG kerk Laaiplek-gemeente hou op Saterdag 11 Oktober ‘n langtafel-ete vir 500 mense in die straat uit dankbaarheid en om sy 60ste bestaansjaar te vier.

• PJ Toilets wen vanjaar se Lagoon-rolbalklub in Langebaan se Somersakeliga op Donderdag 16 Oktober ná ‘n strawwe eind-

ronde tussen 12 spanne. Headline Blinds is tweede.

• Die Weskus-musiek-akademie (WCMA) en die Weskus-jeugorkes (WCYO) hou op Vrydag 17 Oktober hul 30-jaar-vieringskonsert by die Weskus-fossielpark.

• Emile Sila (16) se mesdood op Sondag 19 Oktober ruk Diazville en Middelpos én Sakhiwo Mpayipeli (23) verskyn in die Vredenburg-landdroshof op aanklag van moord. Sila was ‘n gr. 9-leerder aan die Hoërskool Diazville.

• Diazville Primêr in Saldanha herdenk die vermiste Joshlin Smith se verjaardag op Donderdag 23 Oktober “omdat sy steeds deel van die skoolfamilie is”. Die skoolhoof, Lee-Ann Davids-Hartzenberg, die personeel en familie bid vir haar veilige terug-

keer.

• Die jaarlikse Visfabrieketoernooi vind op Vrydag 24 en Saterdag 25 Oktober op die Smit-sportterein in Velddrif plaas en lok vanjaar 5 000 mense.

November

•  Seaviewpark in Langebaan word op Vrydag 7 November geruk met die ontdekking van die lyk van Cheryl Lombard (54) in haar huis. ‘n 22-jarige verdagte word in hegtenis geneem en verskyn in die

Hopefield-landdroshof op aanklag van moord.

•  Op Vrydag 14 November word die

Weskus- nasionale park se veertigste verjaarsdag gevier én splintenuwe hek langs die Weskuspad (R27) ingewy.

•  Die polisie maak bekend dat die menselike oorskot wat op Donderdag 3 April vanjaar op ‘n plaas langs die Vredenburg-Velddrifpad gevind is, wel dié van die vermiste matriekseun Romano Fredericks (19) is. Hy was sedert Saterdag 3 Augustus 2024 vermis.

•  Speur-konst. Refilwe “Fifi” Sekhobe van die Vredenburg-kinderbeskermingseenheid (FCS) se harde werk lei daartoe dat ‘n kinderverkragter, Maarman Carolus (59), van Velddrif, wat twee kinders van 10 en 13 jaar oud verkrag het, op Woensdag

26 November lewenslange tronkstraf opgelê is en sy naam gaan in die register vir seksuele oortreders opgeskryf word.

•Die Saldanhabaai-rugbyklub wen op Saterdag 22 November die Sanlam-Boland-Top-12 vir ‘n derde keer. Hulle is die eerste klub in die geskiedenis van die kompetisie wat dit regkry. Hulle wen Roses United van Wellington in ‘n epiese stryd met 31-29.

• Christiano “Hano” van Rheenen (15) verdrink op Saterdag 29 November in die see by Tabakbaai, Saldanha, ten aanskoue van sy maats én ouer broer.

Wyle Bradley Douw
Boeta Appolis, Steveno van Rhyn en Kelly Smith in die beskuldigdebank. Foto: Alida Buckle

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article