Saxonsea se graad 7-spellers: Cleo van Zyl, Giovanni Adams, Geniva Daniels, Celine Plaatjies en Chantae Ambrose. Gary Markus (waarnemende skoolhoof) staan by hulle, Foto: David Rossouw


WOW, Saxonsea Primêr se leerders kán spel!

Dertig gr. 7-leerders van dié plaaslike skool het onlangs aan die WOW-spelkompetisie se interne spel-fees deelgeneem.

Die vyf topleerders het in die laaste 30 minute van dié twee uur lange spel-kompetisie uitgeblink, en dít is ’n aanduiding van die wedywering tussen die deelnemers.

Chantae Ambros, Celine Plaatjies, Geniva Daniels, Giovanni Adams en Cleo van Zyl sal nou hul skool by die kompetisie se uitdunrondes teen die ander Atlantis-skole verteenwoordig.

Die wenners sal dan teen die metropoolse skole se wenners te staan kom om te bepaal wie die provinsie by die nasionale byeenkoms, wat na verwagting later vanjaar by die Universiteit Stellenbosch sal plaasvind, sal verteenwoordig.

WOW is ’n projek wat deur die Universiteit Stellenbosch (US) aangebied word en daarop gemik is om taal, letterkunde en die kunste in skole en gemeenskappe te bevorder.

Chantae het Celine in die laaste paar minute van die kompetisie geklop toe Celine gestruikel het met ’n spelfout wat haar skoolmaat die eerste plek besorg het. Geniva was derde met Giovanni en Cleo onderskeidelik vierde en vyfde nadat hulle oor ’n paar woorde gestruikel het.

Volgens Halleshene Engwyn, die koördineerder, het die leerders baie goed gevaar. Engwyn hoop die leerders sal ook goed in die uitdunne vaar.

Die beste spellers het elk ’n geskenkie ontvang.

Engwyn bedank Saxonsea Hardware, Shah-Zah, Virgil Feinauer en Rotary Klub van Atlantis vir hul ondersteuning.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article