Die lyk van Ashley Bowers (33), wat ook as “To Do” bekend was. Foto: Clement Trussell

Omstanders oortuig skietery was ’n ‘hit’


Die 33-jarige Ashley Bowers is Saterdag 13 April in die vroeë oggendure by die Heathfield-woonstelle doodgeskiet.

Bowers, wat ook as “To Do” bekend was, het op die toneel aan sy wonde beswyk. Sers. Noloyiso Rwexana, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens ’n omstander op die toneel was die skietery net ná vier Saterdagoggend.

Sy vertel “To Do” en ’n paar ander mans het ’n paar meter van “To Do” se huis gestaan en dobbel toe onbekende skieters uit die teenoorgestelde rigting aangestap gekom en op die groep losgebrand het.

Die ander kon wegkom, maar Bowers, wat gesukkel het om te loop, kon glo nie van die koeëls ontsnap nie en is verskeie kere geskiet.

Volgens ’n betroubare bron het die skieters van Dura se kant af gekom en was dit gewis ’n “hit”.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026
    WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026

Gift this article