Polisiebeamptes in ’n afsonderlike voorval Donderdag 7 Februarie op ’n afgesperde misdaadtoneel waar die lyk van ’n pasgebore baba in ’n vullisdrom gevind is. Foto:

Nog ’n babalykie gekry –in ’n wasgoedmandjie

Polisiebeamptes in ’n afsonderlike voorval Donderdag 7 Februarie op ’n afgesperde misdaadtoneel waar die lyk van ’n pasgebore baba in ’n vullisdrom gevind is. Foto:


’n Verborge geboorte het aan die lig gekom nadat die polisie Maandag 1 April na die Wesfleur-hospitaal in Atlantis ontbied is.

Volgens kapt. Cyril Dicks, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, is die polisie omstreeks 16:00 ontbied waar die personeel hulle ingelig het dat ’n vrou moontlik ’n geboorte verberg het.

Die dokter wat haar ondersoek het, het aan die polisie bevestig dat die jong vrou dieselfde dag nog geboorte geskenk het.

Die polisie het die vrou se huis gaan deursoek en die liggaampie van ’n pasgebore babaseun in ’n wasgoedmandjie gekry.

Die verdagte is in die hospitaal in hegtenis geneem en het Maandag 8 Maart in die plaaslike hof verskyn. Kapt. Dicks sê die waaksaamheid van die mediese personeel het ’n groot rol gespeel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026
    WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026

Gift this article