Malusi Booi, voormalige burgemeesterskomiteelid vir behuising, het vermoedelik groot bedrae geld uit die onderwêreld ontvangFoto: City News


Malusi Booi, die voormalige burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersetting, is as lid van dié komitee afgedank.

Sy afdanking volg op bewerings van tenderbedrog en korrupsie oor behuisingstenders in die Stad Kaapstad.

Booi, wat ’n onderhoud met Weskus Nuus gevoer het enkele dae voordat sy kantoor deur die polisie deursoek is, het met verwysing na die sogenaamde konstruksiemafia gesê sy departement “onderhandel nie met terroriste nie”.

Die Wes-Kaapse Premier, Allen Winde, het intussen in ’n brief aan die Wes-Kaapse polisiehoof, lt.genl Thembisile Patekile, gesê sy regering is gereed om sekere inligting oor die konstruksiemafia se bedrywighede aan die polisie bekend te maak.

Die brief, wat gereeld melding maak van Booi se bedrywighede, gaan oor sy vermeende bande met verskeie bendeleiers. Bewerings word ook gemaak dat Booi groot bedrae geld ontvang het in ruil vir inligting oor behuisingsprojekte en tenders op die Kaapse Vlakte.

Winde het ook aan die polisiehoof gesê die mediaberigte oor Booi se bande met die onderwêreld is kommerwekkend. Hy het die Stad gevra om alle inligting oor behuisingstenders en kontrakteurs aan die polisie te oorhandig.

Booi het intussen van die radar af verdwyn en al twee sy selfone is af.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article