• Die geur van kardemom maak dié kaaskoek besonders. Die geheim is om hom stadig in ’n waterbad te bak. Maak 1 koek van 22 cm. Bestanddele:50 g (120 ml) botter, gesmelt 800 g roomkaas 300 g crème fraîche 180 g (215 ml) strooisuiker 40 g (70 ml) koekmeel 4 eiers 200 g witsjokolade, gesmelt sade van 4 kardemompeule Metode:Verhit oond tot 120 °C. Meng koekie­krummels en botter tot mengsel soos klam sand lyk. Spuit ’n losboomkoekpan van 22 cm in deursnee met kleefwerende kossproei en druk krummels stewig op die bodem vas. Gooi res van bestanddele in die bak van ’n elektriese menger en klits tot glad. Sit koekpan met kors in ’n oondbak en vul oondbak tot halfpad teen pan met kookwater. Giet kaaskoek­mengsel oor krummels en bak vir 90 minute of tot gestol soos jellie. Laat kaaskoek tot kamertemperatuur afkoel in die water en laat stol verder in die yskas. Verwyder rand en sit voor met vars bessies.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article