Plaaslike rolspelers het 40 kinders in Mamre onthaal.Foto: Murphy Roberts


Altesaam 40 kinders is Donderdag 5 Desember deur verskeie plaaslike rolspelers bederf en bemoedig.

Die staatsaanklaers van Atlantis-landdroshof, die plaaslike Thuthuzela-sentrum, die Atlantis-sokkerlegendes, Melkbos se Afrikaanse Christelike Vrouevereniging en Milnerton se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbe­skerming en seksuele misdrywe, het saam dié dag aangebied.

Volgens Avril Losper, bestuurder van die Thuthuzela-sentrum, het dié dag deel gevorm van die 16 dae van aktivis­me teen geweld teen vroue en kinders.

“Dit was die geskikte geleentheid om kinders te wys daar is mense wat vir hulle omgee. Die kinders is met ontbyt en middagete bederf,” vertel sy.

Die kinders het die aktiwiteite geniet en belangrike inligting is met hulle gedeel in Mamre.

Losper sê daar is besluit om dié geleentheid in Mamre te hou “aangesien dit baie mooi is en die jongspan kan hulself hiér wees.” Personeel van die nasionale vervolgingsgesag het geskenke aan die kinders oorhandig. “Vir baie kinders is dit dalk die enigste geskenk die feestyd,” meen Losper.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article