Fiona Conrad (Atlantis City Mall), Marc Khali, Simangaliso Moyo en Clement Trussell geniet die gesinsdag.Foto: Murphy Roberts

Gesinsdag by winkelsentrum ’n sukses

Fiona Conrad (Atlantis City Mall), Marc Khali, Simangaliso Moyo en Clement Trussell geniet die gesinsdag.Foto: Murphy Roberts


Die Atlantis City Mall het Saterdag 3 November ’n gesinsdag gehou en kliënte is bederf met musiek deur plaaslike kunstenaars en geskenke.

Die dag het geen tekort aan pret gehad nie – kinders kon hul gesigte laat verf en op die springkastele baljaar terwyl die twee seremoniemeesters, Dean Goliath en Marc Kali die skare vermaak het.

Danskompetisies tussen die jongspan het vir hope vermaak en pret gesorg.

Volgens Simangaliso Moyo, bemar­kings­agent van dié sentrum, hoop hulle om dié gesinsdag ’n jaarlikse instelling te maak. Weskus Nuus, Radio Atlantis en Vodacom was van die borge.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026
    WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026

Gift this article