Verskeie verdagtes word deur die polisie weggelei tydens dié operasie. Foto: Murphy Roberts


Inwoners is woedend ná lede van die Suid-Afrikaanse weermag glo hard­handig geraak het in ’n gesamentlike misdaadvoorkomingso­perasie met die Atlantis-polisie.

Volgens dié inwoners, het lede van die weermag aan hulle gesê, “Ons is hier om julle op te f**”.

Weskus Nuus se verslagspan het ook Woensdag 25 Maart byna deurgeloop toe die joernalis foto’s wou neem by dié operasie en gekonfronteer is deur die soldate, wat nie rede wou sien nie.

Twee broers van Saxonsea is aange­rand nadat die soldate glo hul deur afgetrap het en houe op die twee slapen­de broers laat val het.

Volgens Emile van der Westhuizen (20) het hy en sy ouer broer Ricardo (27) nog geslaap toe die soldate toegeslaan het. “Hulle praat nie en het net begin slaan. Hoe meer vrae ons gevra het, hoe meer het die houe geval,” vertel die twee wat steeds met duidelike geswelde gesigte rondloop.

’n Vriend, Riaan Magerman wat by die twee broers geslaap het, vertel hy was so geskok oor die manne in uni­form se optrede dat hy maar stil gelê het terwyl die houe val.

Magerman vertel een soldaat het sy sigaret op sy arm doodgedruk toe hy uitstap.

Kapt. Cyril Dicks, die polisiewoord­voerder, het bevestig die polisie en weermag het ’n gesamentlike misdaad­voor­komings­operasie uitgevoer.

Dicks sê hy kan nie kommen­taar lewer oor die aanrandings nie aangesien daar geen klagtes by die plaaslike polisie aanhangig gemaak is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article