Melonie Farao voor en Mailine Leukes is besig om die kospakkies voor te berei vir behoeftige inwoners in Atlantis.

Organisasie sien behoeftes raak

Melonie Farao voor en Mailine Leukes is besig om die kospakkies voor te berei vir behoeftige inwoners in Atlantis.


Die Game Changers-gemeen­skaps­ontwikkelaars het die nood van die inwoners raak­gesien en besluit om iets daaraan te doen.

Dié organisasie is in 2019 deur Melonie Farao, Robin Abels en Eden Adams gestig en saam pak hulle verskeie ge­meen­skapsprojekte aan.

“Een van ons projekte is ’n voedingskema om mense kos te gee wat met HIV/Vigs en TB lewe sodat hulle iets het om te eet voordat hulle hul medikasie neem,” vertel Farao.

Sedert die uitbreek van die Covid-19-pandemie verskaf die groep ook kospakkies aan behoeftiges en het reeds meer as ’n 100 pakkies uitgedeel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026
    WeskusNuus E-Edition – 9 June 2026

Gift this article