Twee weknemers by die Atlantis-hof is Saterdag 12 Novermber met dwelms betrap, wat moontlik vir die hofselle bestem was. ’n Onderhoudsbeampte (32) en skoonmaker (33) is in Witsand deur lede van die polisie deursoek toe daar op die dwelms afgekom is.

Die dwelms, wat bestaan uit 32 mandrax-tablette, 160g dagga en twee sakkies tik was in koeëlvorm verpak.

Kapt. Cyril Dicks, polisiewoordvoerder, het bevestig twee mans is Saterdag in hegtenis geneem vir die besit van dwelms.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 15 September 2026
    Explore the latest updates in WeskusNuus E-Edition – 15 September 2026 and stay informed about local news.

Gift this article