Karen Brown (afrigter) saam met die nuwe WP-atleet Jaylin Solomons en Daniel Orange.Foto: David Rossouw


Grosvenor Primêr het weer eens sy staal in landloop getoon toe Jaylin Solomons die skool se agtste WP-landloopatleet opgelewer het.

Jaylon volg in die voetspore van die WP- en SA kampioene Johnwin Barends en Renaldo Pears.

Jaylin het in die WP o.11-landloopkampioenskap derde geëindig en só sy WP-kleure verwerf.

Hy het by die provinsiale landloopkampioenskap in George strawwe teenstand ervaar, asook by die WP-klubkampioenskap, waar hy in die sewende plek geëindig het.

Karen Brown, sy afrigter, sê dit was Jaylin se eerste groot wedloop en hy was baie senuweeagtig. “Dit was ’n leerproses vir hom, en ons glo en hoop hy sal in sy volgende wedloop beter vaar en meer ontspanne wees,” het Brown gesê.

Opkomende Grosvenors-landlopers het die oog gevang en hulle hoop hulle sal binnekort in landloop te sien wees. Zhara Kannemeyer, Luke Brown (albei onder nege jaar), asook Amy Kamfer (o.10), Rejane Davids, Jamie Petersen (o.12), Garrian Kleinsmith en Caleb Henkerman, albei o.11, is atlete van die toekoms.

Volgens Brown kan hulle binnekort in die voetspore van Johnwin, Jaylin en Renaldo volg. Brown en Daniel Orange, ’n voormalige Boland-kampioen in middelafstande en hoogspring, meen opwindende atletiek-loopbane wag op hierdie jong atlete in Atlantis, maar harde werk lê voor.

“Hulle is maar nog in die beginstadium, maar met die nodige ontwikkeling kan hulle uitstyg,” sê Orange.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article