Thurston Noble (56), waarnemende hoof by Wesfleur, is Saterdagaand in ’n motorongeluk dood. Foto: Facebook

Botsing eis Wesfleur se waarnemende hoof

Thurston Noble (56), waarnemende hoof by Wesfleur, is Saterdagaand in ’n motorongeluk dood. Foto: Facebook


Kollegas is steeds geskok ná die skielike dood van die waarnemende hoof van Wesfleur Primêr Thurston Noble (56).

Noble het Saterdagaand in ’n motorongeluk gesterf.

Dit is onduidelik wat presies gebeur het.

Russel Andrews, plaaslike kringbestuurder, sê die skool sal later meer inligting verskaf. Huldeblyke stroom in sedert die nuus bekend gemaak is en die onderwys is in rou gedompel, het skoolhoofde en opvoeders op Facebook gesê.

Volgens Kapt. Lisa Munro, ’n polisiewoordvoerder, het Noble op die toneel aan sy beserings beswyk en ’n klagte van strafbare manslag word ondersoek.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 15 September 2026
    Explore the latest updates in WeskusNuus E-Edition – 15 September 2026 and stay informed about local news.

Gift this article