Dr. Joanne Corigall het die gemeenskapstuinprojek aan inwoners van Atlantis verduidelik.Foto: David Rossouw


Gemeenskapstuine kan die inwoners bymekaar bring en werk skep.

’n Vergadering is Woensdag 14 Oktober deur die Wes-Kaapse provinsiale departement van landbou by die Saxonsea Primêre-skoolsaal gehou om meer oor dié inisiatief uit te brei.

“Die idee van hierdie tuine is om gemeenskappe bymekaar te bring om werk te skep deur hul eie groente en vrugte te kweek,” het dr. Joanne Corigall, van Bearfish Strategic Services tydens dié vergadering gesê.

Corrigall en die departement van landbou het saamgespan om huishoude­like- en gemeenskapstuine in vier kerngebiede in Kaapstad te bevorder en te ondersteun.

Die gebiede is Atlantis, Dunoon, Langa en Mitchells Plain.

Die program sal deur die provinsiale regering gefinansier word om die gemeenskappe in nood te help. Mense wat in aanmerking kom vir die program, sal ondersteuning in die vorm van ’n beginnerspakket ontvang vir saadproduksie wat bestaan uit: vier verskillende soorte groente en saailinge, kunsmis en kompos, tuingereedskap en ’n geutbak, ’n 20 F-drom met ’n gruis-waterfilterstelsel, reënwaterbak- en geute (slegs na gradeplegtigheid en bewys van tuinmaak vir ten minste een jaar na aanvanklike hulp).

Die gemeenskapstuine verskil van produkte en toerusting.

Huishoudings met ’n gesamentlike inkomste van R4 500 per maand sal oorweeg word wanneer ’n aansoekvorm ingevul word wat persoonlik by die distrikskantoor in Goodwood of Khayelitsha ingedien moet word.

Al die aansoeke sluit op 5 November.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article