Drie plaaslike lede van NCC wat vinnig besig is om opgang in die hernoemde party te maak, is Dean Goliath, Anastacia Davids en Letessa Bruintjies. Foto: Verskaf


Die Cape Coloured Congress het sy tweede nasionale kongres op 5 Augustus gehou en ook sy naam na die National Coloured Congress (NCC) verander.

Atlantis het drie verteenwoordigers in dié party se onderskeie topstrukture, en dit was ’n “historiese dag”, meen die nuutverkose eerste ondersekretarisgeneraal van die party, Dean Goliath.

Goliath, ’n voormalige ANC-kader en stasiebestuurder van Radio Atlantis, sê hy is trots op plaaslike lede en sien uit om in die volgende verkiesing saam met hulle te werk.

Volgens Goliath is die leierskap vir vyf jaar gekies met Letessa Bruintjies as die sekretaris van die Kaapstad-streek, wat haar een van die seniors in die streek maak.

Volgens Goliath is die plaaslike proporsionele raadslid Anastacia Davids as die provinsie se kassier verkies terwyl sy ook in die nasionale leierskap dien.

Volgens Goliath gaan politiek gewis ná die volgende verkiesing verander en “die NCC gaan op die voorgrond wees”.

“Atlantis en omliggende gebiede het gewis goeie politieke leiers en dis jammer dit word nie deur ander partye raakgesien nie,” sê hy.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article