Danny Pietersen (regs) en Melchior Petersen is die eerste president en visepresident van die Atlantis-Rotariërs.Foto: Nico Waggenstroom


Verskeie plaaslike leiers het die nood vir ’n Rotariërs-klub in Atlantis raakgesien en dadelik aan die werk gespring.

Volgens Danny Pietersen, president van die Atlantis-Rotariërs, het ver­skeie ontmoetings vanaf September 2017 met Jeremy O’Ryan, lid van Kirstenbosch-Rotariërs, begin om dié droom te bewaarheid.

Die Rotariërs is ’n sosiale klub waar sakemense, gemeenskapsleiers, bure en vriende bymekaarkom om probleme op te los, idees te deel en aksie te neem wat blywende verande­ring te weeg bring.

Volgens Pietersen het Waldy Kastoor en Russel Andrews, die gesprekke gelei om die wiel aan die rol te sit vir die vestiging van dié klub, terwyl Melkbos-Rotariërs ’n kritieke rol gespeel het met die administrasie en het by die plaaslike klub die leiding geneem.

Nadat volledige opleiding aan plaaslike leiers gegee is, is die Atlantis-Rotariërs amptelik op 10 Februarie bekendgestel met ’n ete by die Orion-organisasie.

By dié geleentheid is die Rotariërs se borswapens en naamplaatjies aan lede oorhandig. Die eerste amptelike vergadering het Dinsdag 18 Februarie by Reygersdal Primêre skool plaasgevind en die klub spog tans met 30 lede.

Die klub se eerste bestuur is: Danny Pietersen (president), Melchior Petersen (visepresident), Hannl Cronjé (kassier) en Terence Adams (sekretaris).

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026
    WeskusNuus E-Edition – 24 February 2026

Gift this article